Die Harrebaard manne tree op te Drostdy Theatre

As hulle die jongklomp kan laat wals en die ou tannies woes kan laat kuier, sal Harrebaard, die rockgroep wat bestaan uit Pierre van Pletzen, Frank Opperman, Anton L`Amour en Leon Ecroignard, gelukkig wees.

Datum:- 29 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Stellenbosch?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Harrebaard is die band wat te sien was op die werklikheidsreeks, Die ooms se band, en hulle keer terug vir `n tweede reeks op Via (DStv-kanaal 147). Een van die episodes van die tweede reeks word by die Drostdyteater in Stellenbosch opgeneem.

`Die idee is dat ons van die jongste van die jong klomp, tot mense ouer as ons, kan vermaak met ons musiek,` se Van Pletzen, wat tromme speel vir die groep.

600 000 mense het die eerste reeks gekyk en die tweede reeks beloof om weer baie pret en goeie musiek te verskaf.

Adres:- Drostdy Theatre, 1st Floor, 48 Alexander St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7599

GPS Koordinate:- -33.935767,18.858771

Kaartjies kan bespreek word by Computicket

Die groep, wat in die hartjie van Melville in Johannesburg oefen, het begin toe Van Pletzen saam met Opperman `n item van hul kluitklaplysie wou afkrap: Om `n musiekgroep te begin.

`Harrebaard is nie net `n one-time thing nie. Ons almal is in dit en al het ons day jobs, wil ons almal he dit moet werk,` se Ecroignard, baskitaarspeler.


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in
GRATIS!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment